NewsNews

Kapings-waarskuwing op dié paaie – wees gewaarsku

Wees asseblief versigtig!

Motoriste is gewaarsku om uiters versigtig te wees vir sogenaamde “blou lig” kapings op die R57, R59 en R82 roetes.

Volgens die polisie word motoriste geteiken deur ‘n onbekende voertuig met blou ligte met twee of meer manlike/vroulike insittendes, geklee in polisie/verkeersuniform.

Hulle wys dan dat die slagoffer van die pad af moet trek en beroof die niksvermoedende motoriste van hul kontant en selfone.

Die polisie waarsku daarom om nie te stop vir enigeen wat jou onder verdagte omstandighede van die pad probeer aftrek met blou ligte of ongemerkte voertuie nie. As jy enigsins twyfel of dit wel verkeers- of polisiebeamptes is wat jou aftrek, kontak die polisie of gaan na jou naaste polisiestasie en rapporteer dit.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button