Photo GalleriesSport

Meer as 200 vroue slaan af vir SA-kragmeting

Parys gasheer vir SA Senior Dames Gholftoernooi

Tweehonderd en agt vroue van regoor die land is vandeesweek in Parys verwelkom vir die SA Senior Dames Gholftoernooi wat op beide Parys se spog gholfbane beslis is van 12 tot 15 Mei.
Die toernooi is vir damesgholfspelers bo 50 jaar en hou elke provinsie maandeliks gholfdae, waar spelers punte verdien om te kwalifiseer vir dié nasionale toernooi.
Met die toernooi wat dan roterend in die onderskeie provinsies aanbied word, het die Vrystaat vanjaar sy beurt gekry om gasheer te wees, en is Parys gekies.


Die dames is hartlik verwelkom met die tradisionele openingseremonie en vlaghysing Sondag by die Parys Golf & Country Estate.

Dinsdag is ’n aand straatfees in die middedorp gehou, om die vroue ’n kykie te gee na wat die dorp besoekers bied. Dit was ‘n besondere geleentheid wat baie goed ondersteun is. ‘n Pluimpie vir die organiseerders en besigheidseienaars wat deel was van die straatfees-projek, asook ‘n groot dankie aan elke Parysenaar wat gehelp het om hierdie dames tuis te laat voel.

Geluk aan Sonja Bland van die Suid-Kaap wat dan ook Woensdagmiddag met die toernooi-prysuitdeling aangewys is as die Senior Nasionale Dames kampioen vir 2019.

Sonja Blade, die 2019 SA Senior Dames Gholfkampioen.

Sonja Blade, die SA Senior Dames-kampioen vir 2019 saam met haar Suid-Kaap spanmaats.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button