NewsNews

Net ‘n bietjie liefde….

...en kyk dan die verskil!

Sy’s net drie maande oud. ‘n Klein Jack Russel-kruising tefie in die hokke van die Parys DBV.

Daar gekom is ek in haar hok in. Sy wou my so ampertjies byt toe ek aan haar wou vat. So regte “angs byter”. Eers wou ek  uitstap, maar iets se toe vir my om tog maar weer te probeer.

Ek het ‘n hondekoekie gaan haal en vir haar ‘n stukkie afgebreek wat sy gretig geeet het.
Daarna het sy my toegelaat om net-net aan haar te vat.  Ek het nog ‘n stukkie
van die koekie gegee en is selfs ‘n bietjie meer liefde toegelaat.

Totdat sy uiteindelik hier naby my kom le het om verder te knibbel aan die stukkie bederf.
Ons het begin speel met ‘n stokkie en  skielik het die hondjie in die spelerigste klein dingetjie verander. Sy was so bly om agter iets aan te hardloop en het spontaan na my toe
gekom.

Ja, sy skrik nog as jy skielik af beweeg na haar en met jou hand van bo af
op haar afkom, maar as jy op haar vlak is en jy speel, verander die hondjie
in die mees spontane, spelerigste bondeltjie liefde.

Ideal vir kinders van so 8 jaar en ouer as ‘n maatjie.

As daar dalk iemand is wat kans sien om van die skamerige,
skrikkerige hondjie ‘n juweel te maak het die hondjie werklik die potensiaal
daarvoor.

Al wat kort …..is ‘n bietjie liefde.

Kan jy help? Skakel die Parys DBV by (056) 811 3671.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button