CommunityNews

Trok in Schweizer gekaap, word in Potch vasgetrek

Potchefstroom - Die polisie het ’n groot soektog geloods in Bremnerstraat tydens die oggendure van 27 Junie.

Potchefstroom – Die polisie het ’n groot soektog geloods in Bremnerstraat tydens die oggendure van 27 Junie.

Dit het gevolg nadat die bestuurder van ’n trok wat na bewering in Schweizer-Reneke gekaap is, deur die polisie in Potchefstroom voorgekeer is. Volgens adj.-off. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, was die polisie besig met patrollie toe hulle sien dat die trok die rooi verkeerslig verontagsaam. Hulle het die trok afgetrek en terwyl die polisie met die bestuurder gepraat het, het hulle iemand van binne die trok hoor skree dat hy gekaap is.

Die polisie het daarna die trok se deur oopforseer. Die verdagtes het in die woonbuurt in gevlug. Die polisie en Mooirivier Beskerming het hulle agternagesit. Volgens beamptes op die toneel was die verdagtes gewapen. Hulle het in ’n erf ingehardloop.

Die polisie het Bremnerstraat die hele nag patrolleer, maar met geen geluk nie. ‘n Vrou wat saam met die verdagtes in die trok was, is in hegtenis geneem. Met ondervraging het sy aan die polisie gesê dat die twee mans van Postmasburg afkomstig is en dat hulle die trok in Schweizer-Reneke gekaap het. Sy het ontken dat sy enige aandeel in die kaping gehad het.

Volgens haar het hulle haar net ‘n saamrygeleentheid gebied. Die saak word nog deur die polisie ondersoek.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button