NewsNews

Koepel se paaie reggemaak

Koepel se paaie reggemaak

Terwyl meeste mense op Werkersdag 1 Mei kon rus, en politieke partye die geleentheid gebruik het om nog ‘n paar laaste stemme te werf vir die 2019 provinsiale en nasionale verkiesing, het boere, grondeienaars en produkeienaars in die Vredefort Koepel Wêrelderfenis-gebied, besluit om die D85-grondpad (Venterskroon) wat nie deur die regering onderhou word nie, te herstel.
Boomtakke wat op die padskouers groei en die pad versper, is ook afgesaag, terwyl gruis by bestaande groewe gelaai en gebruik is om die pad op te vul.
Die swak toestand van die toegangspad in die hartjie van die Vredefort Koepel, is al ‘n geruime tyd ‘n beperkende faktor vir toerisme in die Koepel.
Met dié poging word daar nou gehoop dat die gebied voortaan meer toeganklik sal wees vir mense wat hierdie unieke gebied wil besoek.
Nagenoeg 25 mense het twee dae lank gewerk aan die pad, en sowat 50 vragte gruis is platgewerk. Die takke wat afgesaag en weggery is, het nagenoeg 50 vragte volgemaak.
Drie TLB’s, 2 laaigrawe, 2 vragmotors, 3 trekkers met waens, en 2 bakkies met waens is gebruik vir die projek.


Dankie aan Kiepersol en die Inn vir middagetes, Lukas en Dakawa vir die gebruik van die gruisgroewe, en almal wat diesel en kontant bydraes gegee het.
Die projek het weer gewys hoe ‘n gemeenskap kan saamwerk. Mense wat nog bydraes wil maak tot die projek is welkom om Christo Meyer per WhatsApp te kontak by 083 406 0841 vir meer besonderhede.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button