NewsNews

Roudiens vir pa en seuntjie Maandag gehou

Die roudiens van ‘n jong pa, Shaun Locke (30), en sy 4-jarige seuntjie, Arlo, sal Maandag 13 Mei om 11:00 vanuit die AGS Drie Riviere gehou word. Shaun en klein Arlo het Sondagmiddag tragies op die toneel gesterf na ‘n botsing op die R59-snelweg  op die lang draai net voor Vaalpark in die rigting van …

Die roudiens van ‘n jong pa, Shaun Locke (30), en sy 4-jarige seuntjie, Arlo, sal Maandag 13 Mei om 11:00 vanuit die AGS Drie Riviere gehou word.

Shaun en klein Arlo het Sondagmiddag tragies op die toneel gesterf na ‘n botsing op die R59-snelweg  op die lang draai net voor Vaalpark in die rigting van Sasolburg.

Die Locke-gesin, Shaun, Rianca en Arlo, was in hul wit Opel Astra van Vereeniging na Shaun se pa, Piet, in Parys onderweg, toe die ongeluk gebeur het, het ‘n familielid aan Gazette vertel. Shaun was Piet se oudste seun.

Rianca is beseer in die kop-teen-kop-botsing waarin drie voertuie betrokke was, en is deur Vaal Emergency Services na die Vaalpark-hospitaal geneem.

Die bestuurder van ‘n wit Toyota Quest is kritiek beseer en is op die toneel deur paramedici behandel, maar is oomblikke later op die toneel dood. Sy passasier, ‘n vrou, was ongedeerd, maar baie geskok.
Die insittendes van die derde voertuig is nie beseer nie.
Ons opregte medeleye met die familie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button