
Volgens Russel Meiring van ER24 se kommunikasie-afdeling het personeel van dié nooddienste omstreeks 13:45 op die toneel aangekom en die voertuig op sy regtersy sien staan. Die beseerde vrou is toe reeds deur omstanders uit die wrak gehaal en het langs die voertuig gesit.
Paramedici wat haar op die toneel ondersoek het, het gevind dat sy verskeie beserings opgedoen het en in ‘n ernstige toestand was.
Sy is op die toneel behandel en het pynmedikasie ontvang, waarna sy na Mediclinic Vereniging vervoer is vir verdere behandeling.
Personeel van plaaslike owerhede was op die toneel om die presiese oorsaak van die ongeluk te ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



