
Vra maar enige ouer en hulle sal jou sê hoe besig leerders is met akademie en buitemuurse aktiwiteite. Tog het hierdie ekoskole leerders van Parys tyd gemaak om skenkings wat hul self bymekaar gemaak het tydens liefdadigheidsweek, te gaan afgee by die plaaslike DBV.
Broodnodige skenkings vir hierdie organisasie wat ‘n baie belangrike rol in die gemeenskap vervul. En die dankbaarheid vir die groot omgee-gebaar was groot toe personeel van die Parys DBV onder leiding van insp. Maggie Singh, die skenking in ontvangs geneem het.

Maar dit was nie al nie. Naas die skenkings het die leerders tyd spandeer om met die honde te speel en van die skaamste honde het sommer gou stert geswaai vir al die aandag.

Dankie aan Sanci Cilliers en elke kind en ouer wat hard gewerk het om hierdie projek moontlik te kon maak.




