SportSport
Nog ’n blitsige myrunner vir Parys
Peter Muthubi het dit reggekry om Sondag die tweede myrunner in Parys te word wat daarin kon slaag om onder 16 minute die roete te voltooi, toe hy aan die 21ste myrun Parys Golf & Country Estate deelgeneem het. Sy briljante tyd van 15:44 is net 17 sekondes stadiger as dié van Tsepho Mokati wat …
Peter Muthubi het dit reggekry om Sondag die tweede myrunner in Parys te word wat daarin kon slaag om onder 16 minute die roete te voltooi, toe hy aan die 21ste myrun Parys Golf & Country Estate deelgeneem het.
Sy briljante tyd van 15:44 is net 17 sekondes stadiger as dié van Tsepho Mokati wat verlede week die vinnigste myrunner in SA geword het.
Twee atlete waarop Parys beslis trots kan wees!
Altesaam 37 myrunners het die 2,5km en 5km roetes die naweek voltooi.
Die naweek se eerste 5 posisies vir die 5km is ingeneem deur Peter Muthubi, Hardus Engelbrecht, Tisetso Kguadi, Christo Hamman en Lisa de Speville. Die eerste 5 posisies vir die 2,5km is ingeneem deur Elise Duvenhage, Nuri Rourke, Marise Duvenhage, Mirka Rourke en Marzé Zabielski.