NewsNews

Seuntjie in ernstige toestand nadat betonwasbak op hom val

Hospitaal het nie geriewe om hom te behandel nie

 

Klein Danni Ackerman (6) van Vanderbijlpark is in ‘n ernstige toestand in die Vereeniging/Kopanong-hospitaal nadat ‘n betonwasbak van sowat 300 kg gister op hom geval het.
Volgens ‘n familielid was Danni teen gisteraand reeds 11 ure lank in die ongevalle-afdeling van die staatshospitaal, waar hulle nog net x-strale van sy neus geneem het en vasgestel het dat dit gebreek is. Ongelukkig beskik die hospitaal nie oor ‘n dokter en ‘n “CT scan” om ‘n behoorlike ondersoek te doen nie. Hulle gaan blykbaar probeer om ‘n dokter van Sebokeng-hospitaal te kry om die “CT scan” te doen.
Danni se gesin is baie bekommerd want hy bring bloed op en sy gesig is lelik beseer. Sy familie pleit by die publiek of daar dalk ‘n barmhartige Samaritaan is wat hulle kan help dat hy in ‘n private hopsitaal opgeneem word, want op die oomblik kan hy net in die staatshospitaal lê en wag met die hoop dat daar wel ‘n dokter van ‘n ander hospitaal af sal opdaag om na hom om te sien.

(Kopanong-hospitaal se personeel doen in die omstandighede die beste wat hulle kan vir Danni, dus versoek die gesin dat mense asseblief nie negatiewe kommentaar op Facebook moet lewer nie).

Die deposito wat benodig word om hom in Mediclinic se intensiewe sorg-eenheid te laat opneem is R100 000. As hy in ‘n gewone saal opgeneem word, is dit R23 000, maar dit sal nog nie die doktersonkoste of enige toetse insluit nie.

Enige hulp sal ontsettend baie waardeer word, sê die familielid.

Enigiemand wat kans sien om Danni te help, kan ‘n inbetaling doen by:
Child Medi Organization
FNB, Cheque
Acc no: 626 325 810 56
Branch Code: 250655
Swift code: firnzajj
Ref: Danni
info@childmedi.org
Section 18(A) Tax Certificates available to companies and individuals

Lees die volledige berig in Vaalweekblad van 1 Mei 2019.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button