NewsNews

Waardasies: Min tyd vir besware

Gou spring as jy beswaar het.

Parysenaars het nog net tyd tot Dinsdag 30 April om beswaar te maak teen die nuwe munisipale waardasie van hul eiendomme vir die volgende vier jaar.
Eiendomseienaars is vandeesmaand per brief in kennis gestel van die nuwe waardes, hoewel dit reeds twee maande lank ter insae lĆŖ by alle munisipale kantore en die biblioteek. Die nuwe waardasierol kan ook afgelaai word vanaf die webtuiste www.ngwathe.gov. za onder Homes/Documents/General Documents.
Onbeboude erwe in Parys word oor die algemeen rondom 8% hoĆ«r getakseer, en huise ongeveer 4% hoĆ«r,ā€ sĆŖ DA-raadslid Arnold Schoonwinkel. Hy sĆŖ die waardasies is verlede jaar deur ā€˜n firma in Gauteng uitgevoer, en ā€œwaar enigiemand se waardasie skerp hoĆ«r is, sal dit wees as gevolg van verbeteringe wat die eienaar aangebring het sedert die vorige waardasie.ā€
Mense wat nie beswaar aanteken teen die verhoogde waardasies nie, se eiendomsbelasting sal dus op die nuwe waardasies soos op die waardasierol bereken word, maar onthou dat die belastingtarief nie dieselfde bly nie, en jy dus nie op die nuwe waarde teen die ou tarief sal betaal nie.
Die nuwe tarief is nog nie finaal bepaal nie, maar sal waarskynlik laer wees as die huidige, sĆŖ die Vryheidsfront Plus se rdl. Philip van der Merwe.
Rdl. Van der Merwe het daarop gewys dat eiendomsbelasting dus nie outomaties 8% meer sal wees as jou waardasie 8% hoƫr is nie.
Nietemin het die verhogings sommige eiendomseienaars reeds warm onder die kraag wat voel dat dienstegelde opgesit word terwyl die munisipaliteit versuim om ā€˜n behoorlike diens aan inwoners te lewer. Sakeman Henk Havenga sĆŖ belastingbetalers trek aan die kortste end en bly meer betaal, elke keer as die begroting nie klop nie.
Hy het mense daarom aangeraai om betyds seker te maak waarvoor hul eiendom gewaardeer is voor die sperdatum.
Mense wat beswaar het moet dit skriftelik op die voorgeskrewe vorm indien wat beskikbaar is by die munisipale kantore, of op die genoemde webtuiste. Besware moet dan voor Dinsdag 30 April om 15:00 by die munisipale kantore ingedien word of kan per epos gestuur word na valuations@ngwathe.gov.za
Onthou ook dat die Ngwathe munisipaliteit ā€˜n nuwe voorafbetaalde elektrisiteitsmeterstelsel in gebruik geneem het waar meters met meternommers minder as 11 syfers, vervang word. DA-raadslid Andries Vrey sĆŖ daar is tans munisipale werknemers met duidelike identifikasie wat die meters nagaan en toets.

Related Articles

Back to top button