NewsNews

Man kritiek beseer, 13 voertuie beskadig

Hoë drama in Vanderbijlparkse spogbuurt na aanranding.

 

Daar was Vrydag 12 April,  in die nagtelike ure hoë drama buite ‘n restaurant in Hendrik van Eck-boulevard,  SE3, Vanderbijlpark toe ‘n struweling glo onder lede van die publiek uitgebreek het.

Een man is kritiek beseer en 13 voertuie is in die voorval beskadig.

Volgens Russel Meiring, ‘n woordvoereder van ER24, is paramedici in die vroeë oggendure na die toneel ontbied. Met hul aankoms omstreeks 02:20 het hulle op ‘n erg beseerde man van in sy 30’s op die sypaadjie afgekom, waar hy deur twee petroljoggies bygestaan is. Die polisie was ook reeds op die toneel.
Die paramedici het lewensondersteunende behandeling op die kritiek-beseerde man toegepas en hom na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer vir verdere behandeling.
Twee ander beseerdes is op die toneel ondersoek maar hulle het net ligte beserings opgedoen en het behandeling geweier. Die polisie het hulle daarna oorgeneem vir ondervraging.
Die volledige agtergrond van die gebeure is nog onbekend maar die polisie was op die toneel om die saak deeglik te ondersoek.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button