NewsNews

85 Jaar se kultuurspore in Parys – so is dapperheid na 52 jaar beloon

85 Jaar se kultuurspore in Parys - so is dapperheid na 52 jaar beloon

 

Die ā€˜Reddingsboei vir Dapperheidā€™ is Saterdag tydens die 85ste bestaansjaarviering van die Parys Voortrekkerkommando, na 52 jaar, aan oud-Parysenaar Herman Steyn oorhandig. Dit is slegs die derde keer dat diĆ© toekenning in die Vrystaat oorhandig word, en word dit slegs toegeken aan ā€˜n Voortrekker-lid wat sy eie lewe in gevaar gestel het om die lewe van ā€˜n ander persoon te red.
Herman se heldedaad het getuig van ā€˜n jong seun se liefde vir sy pa, dr. Herman Steyn, wat ook vir jare in Parys praktiseer het. Herman was net 12 jaar oud toe sy gesin in Mosambiek met vakansie was. HoĆ« golwe het hul skiboot omgeslaan waar hy, sy pa en mnr. P. De Villiers, ongeveer 1km in die see in vis gevang het. Nie een het reddingsgordels of enige reddingsapparaat by hulle gehad nie.
Mnr. De Villiers kon aan ā€˜n petroltenk vasklou en het na die strand gewem. Die boot het onderstebo op die strand uitgespoel. Herman se pa se skouer is egter tydens die ongeluk ontwrig en sy bene in die warboel van vislyne verstrengel.
Ten spyte van ā€˜n harde hou teen sy kop, het Herman sy pa tussen die hoĆ« golwe bly soek en hom met behulp van ā€˜n drywende binneband met ā€˜n groot gesukkel na die strand gehelp.

Voortrekker Hoofleier, Danie Langner, oorhandig die Reddingsboei vir Dapperheid aan Herman Steyn (links). Fotoā€™s: Liezl Scheepers, Misty Moon Photography & Parys Voortrekkers Facebookblad.

 

Hoewel die Reddingsboei-toekenning in 1969 deur die Voortrekker Hoofbestuur goedgekeur is, is dit nooit formeel aan Herman oorhandig nie. Die brief met die toekenning het iewers in die pos verlore geraak en nooit by Herman uitgekom wat later Bloemfontein toe is nie.
Die vergete koevert is eers met die regpak van argiefmateriaal met die oog op Parys Voortrekkerkommando se 85ste fees, gekry en kon dit Saterdag deur die Voortrekker Hoofleier, Danie Langner, aan hom oorhandig word.
Herman is tans in Pretoria gevestig en is groot moeite gedoen om hom op te spoor. Vir hom was dit Saterdag inderdaad ā€˜n baie emosionele oomblik. Sy ma was destyds ook burgemeester van Parys. Beide sy ouers is sedertdienĀ  oorlede.
ParysĀ  Voortrekkerkommando se besondere 85 jaar mylpaal is Saterdag in styl en met lekker kuier gevier met ā€˜n spitbraai en bekendstelling van die kommando se gedenkboek. ā€˜n Kosbare deel van Parys se geskiedenis.


Die afgelope 85 jaar het vir die kommando verby groot historiese gebeure geloop soos die simboliese ossewatrekke van 1938 en 1988, die 1975 Taalfees, pennie-aande en dienswerkfondsinsamelings vir ā€˜n boomlaning in Parys, die skuif van die Kruger-standbeeld in 1954, die Frans Jooste monument en soveel ander plaaslike Afrikaner-monumente wat opgerig kon word.

Geslagte kinders se kulturele identiteit wat hier met liefde en toewyding gevorm is deur ā€˜n groeiende, dinamiese en diensbare organisasie. Kulltuurspore wat vandag steeds diep in Parys getrap word, jare nadat die eerste 60 kinders in 1934 by die kommando aangesluit het.
Gebiedsleier Willie Engelbrecht het by hierdie besondere geleentheid ook ā€˜n spesiale dienstoekenning aan Stephan en Susan Rossow oorhandig vir 65 en 55 jaar onderskeidelik diens aan die Voortrekkers.

Hoofleier Danie Langner by Stephan en Susan Rossouw

 

En die grootste verrassing – die Voortrekker-karakter Kuifie, wat saam kom feesvier het.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button