NewsNews

Nee moenie jou kers so ver bêre nie…want dis koud

Nee moenie jou kers so ver bêre nie...want dis koud

Skaars ‘n week nadat die Minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, Suid-Afrikaners gerusgestel het oor beurkragvooruitsigte vir die winter wat tot einde Augustus nooit meer as fase 1 sal wees nie, en ook nie meer as 26 dae vir die hele winter nie, brand Eskom se liggie weer flou danksy die skielike koue.

Vandag het Eskom gewaarsku dat die kragvoorsieningsnetwerk stram is weens koue weer plek-plek en  verhoogde elektrisiteitsgebruik as gevolg hiervan. Verbruikers is daarom gevra om krag spaarsaam te gebruik.

Maar terwyl weer gewaarsku word oor beurtkrag, sê Eskom ook dat sy tegniese hersieningspan ‘n “betroubare onderhoudsplan” in plek het wat hul vertroue gee dat hulle deur die winter sal kom met geen of beperkte beurtkrag, maar dat die kragreus bewus bly van die potensiaal van risiko’s op ‘n stram kragvoorsieningstelsel.

Eskom belowe hy sal verbruikers op hoogte hou van die stand van die netwerk.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button