NewsNews
Jan Taks op dié dae van lyn af
Verskeie van die Suid-Afrikaanse Inkomste Diens (SAID) se elektroniese dienste sal van Vrydagmiddag 12 April tot Dinsdagoggend 16 April nie aanlyn beskikbaar wees nie, terwyl dit na ‘n nuwe platform geskuif sal word. Dit sluit die eFiling diens in, asook die eFilling applikasie en e@syFile Employer. Verbruikers kan in die tyd ook verwag dat die Inkomstediens …
Verskeie van die Suid-Afrikaanse Inkomste Diens (SAID) se elektroniese dienste sal van Vrydagmiddag 12 April tot Dinsdagoggend 16 April nie aanlyn beskikbaar wees nie, terwyl dit na ‘n nuwe platform geskuif sal word.
Dit sluit die eFiling diens in, asook die eFilling applikasie en e@syFile Employer.
Verbruikers kan in die tyd ook verwag dat die Inkomstediens se webwerf nie beskikbaar sal wees nie.
Die skuif is luidens ‘n verklaring van die Inkomstediens deel van digitale transformatie wat verskeie innoverende oplossings sal bied.
Belastingpligtiges sal steeds op die genoemde datums wel in persoon hul opgawes kan indien en ander dringende sake kan doen gedurende kantoorure by enige van die SAID kantore.
You can read the full story on our App. Download it here.