
Arno Cilliers van SA Cilliers Rekenmeesters in Parys, is Sondagnag in sy slaap in die ouderdom van 51 jaar oorlede. Hy word Donderdag 11 April om 11:00 vanuit die NG gemeente Parys-Suid begrawe.
Arno was vir meer as 20 jaar deel van die Parys-gemeenskap waar hy oor die jare by vele organisasies aktief betrokke was. Hieronder tel Hospice, die rugbyklub, kerkraad van die NG gemeente Parys-Suid, die Besigheidsforum, GPF en Laer- en Hoërskool beheerliggame.
Hy was iemand wat ‘n oor gehad het om na ander te luister. Iemand met ‘n oop hart vir ander, en iemand wie se vriendelike glimlag, en meelewing altyd onthou sal word.
Hy word oorleef deur sy vrou, Charmaine, kinders Melissa en Arnold en sy drie sussies.
* Ons innige medelye met sy gesin en familie.




