NewsNews

Yorkies veilig terug ná raaiselagtige verdwyning

Vir drie boeties was daar vir ’n week lank groot hartseer ná die spoorlose en raaiselagtige verdwyning van hul vier Yorkies.

Vir drie boeties was daar vir ’n week lank groot hartseer ná die spoorlose en raaiselagtige verdwyning van hul vier Yorkies. Maar Maandag is dié hondjies ongedeerd uit die bloute teruggevind, byna net so ongelooflik as wat hulle verdwyning was.

Daar was groot vreugde in die Swartz-huishouding toe hul 4 Yorkies na ’n week se spoorlose verdwyning Maandag ongedeerd teruggevind is. Op die foto is Heinrich Swartz saam met die hondjies waaroor hy en sy boeties baie trane gehuil het.

Klaarblyklik is hulle sowat 2,5km van die plaas waar hul verdwyn het langs die pad gekry. Dit nadat hulle die Saterdagmiddag van 20 Junie op die plaas Uitspan langs die Kopjeskraal-pad weggeraak het toe die gesin nie tuis was nie. Die enigste moontlike verklaring toe was dat die hondjies bes moontlik gesteel is nadat ’n onbekende voertuig vroeër deur een van die werkers op die plaas opgemerk is. Talle navrae en hul soektog het niks opgelewer nie.

Die vier reuntjies waarvan twee net 15 weke oud was, was buite op die werf soos gewoonlik toe hulle weggeraak het. Om vir kinders die spoorlose verdwyning van hul dieremaats te verduidelik, was baie traumaties, en kon hulle skaars hul oë glo toe mense Maandag op die plaas kom navraag doen het om te hoor of hulle die eienaars van die verlore Yorkies is. En inderdaad was dit toe Goetchie, Fielas en die twee jong klein reuntjies. En noudat die vier weer terug is, kan die drie boeties kwalik hul viervoet maats onder hul oë laat uitgaan.

Maar meer nog – in drie kinderharte is hierdie verseker ’n wonderwerk.

Related Articles

Back to top button