
Hierdie pragtige diere wat tans by die Parys DBV is, is dringend op soek na liefdevolle huise. Kan jy help?
Benewens die honde op die foto’s is daar ook twee pragtige volwasse wyfie katte.
Onthou dat die Parys DBV geen subsidies ontvang nie en suiwer afhanklik is van die Parys-gemeenskap se ondersteuning om ‘n waardevolle diens aan die gemeenskap te kan lewer. Elke bydrae hoe gering ookal, maak ‘n verskil, en verseker dat die DBV se deure oopbly.
As jy kan help of moontlik ‘n tuiste aan een van hierdie diere kan bied, skakel die Parys DBV by (056) 811 3671 gedurende kantoorure.
Dankie aan elkeen wat alreeds ‘n bydrae lewer. Dit word opreg waardeer.
.

Bo links is ‘n Foxterriër reuntjie van ‘n jaar oud, en ‘n volwasse Boston Terriër tefie.

‘n Pragtige jaaroue Kollie tefie
Ogies wat smeek vir ‘n liefdevolle huis. Die worshond tefie is net 18 maande oud. Onder is ‘n 3 jaar oue reuntjie en regs ‘n ses maande oue terriër reuntjie.


Hierdie Pitbull tefie is net 4 maande oud.




