NewsNews

Gesteelde eiendom so makliker opgespoor

Gesteelde eiendom so makliker opgespoor

Gemerkte eiendom kan jou help om jou eiendom uit te ken en te identifiseer sou dit gesteel word.
Onthou dat gesteelde eiendom meestal verkoop word en maak gemerkte eiendom dit dus moeiliker vir huisbrekers om te gaan verkwansel, en verlaag boonop die waarde.
Sou die gesteelde eiendom teruggevind word, is dit makliker om die eienaar op te spoor as dit wel duidelik gemerk was.

Parys polisie in samewerking met die Parys Gemeenskap Polisiëring Forum, het daarom met ‘n bewusmakingsveldtog begin om mense te vra om hul eiendom duidelik te merk en reeksnommers neer te skryf.
Hoe moet jy jou eiendom merk?
* grafeermasjiene werk goed
* letters en nommers wat ingekap (punch) word
* nie-sigbare ink
* of selfs ‘n doodgewone permanente merkpen
Alternatiewelik kan jy foto’s van jou waardevolle eiendom neem en die reeksnommers neerskryf.

Waardevolle items sluit in televisies, rekenaars, tablette, klanktoerusting en ander elektroniese toerusting, gereedskap soos boormasjiene, grassnyers en fietse om maar enkele te noem. Neem ook foto’s van jou kosbare juwele of juwele waaraan jy baie sentiment het en bêre dit.

Moet jou ook nie daaraan skuldig maak om gesteelde goedere te koop nie.

Maak ook seker dat jy ‘n lys soos hieronder saamstel van al jou elektriese en elektroniese toebehore, asook ander waardevolle items in jou huis. Dit sal die polisie help met ondersoeke in geval van huisbrake, maar ook om die eienaar op te spoor in gevalle waar gesteelde eiendom gekry word. (Die vorm soos hieronder kan van more, 4 April, by a.o. Jan le Roux by die Parys-polisiestasie gekry word).

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button