NewsNews

Maatskaplike werkers eindig staking na vyf maande

Maatskaplike werkers eindig staking na vyf maande

Maatskaplike werkers van die Tlokwe dienskantoor is gister (1 April) terug werk toe nadat hulle vir vyf maande en vyf dae gestaak het.

Die meeste maatskaplike werkers het aan die staking deelgeneem terwyl slegs ‘n handjievol gespook het om basiese maatskaplike dienste aan die gemeenskap te lewer.

Die stakers het al op 5 Junie 2018 ‘n memorandum aan die waarnemende distrikshoof van maatskaplike ontwikkeling (Noordwes), Mev. Mogari, oorhandig waarin hulle, hulle eise en klagtes uiteengesit het. Hulle is ontevrede met die bestuurder van die Tlokwe dienskantoor, Johline Steenkamp. Die stakers beskuldig haar onder meer van swak bestuur en rassisme. Hulle is ook ontevrede oor personeel van die Ventersdorp dienskantoor en wil hulle nie in Potchefstroom gestasioneer hê nie.

Die stakers het Johlene al verlede jaar belet om haar kantoor by die Tlokwe dienskantoor in Dassierand te besoek. Sy het egter haar werk by die distrikskantoor van maatskaplike ontwikkeling in Klerksdorp voortgesit.

‘n Speurder is aangestel om die ontevrede maatskaplike werkers se klagtes te ondersoek. Die waarnemende hoof van maatskaplike ontwikkeling, Itumeleng Mogorosi, het bevestig dat Johline steeds die huidige bestuurder van die Tlokwe dienskantoor is. Sy is nie na ‘n ander posisie oorgeplaas nie maar sal nie na haar kantoor in Dassierand terugkeur voordat die ondersoek afgehandel is nie.

Johline Steenkamp het alle navrae na die departement van maatskaplike ontwikkeling toe verwys.

Teen tyde van publikasie het die departement nog nie op die Herald se navrae op kommentaar reageer nie.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button