LetterOpinions

Dankie vir kleurvolle omgee vir dorp se kinders

Ons wil net baie dankie sê aan al die dames wat die speelparkie so mooi gemaak het by Gleniffer, en ook gesorg het vir tweesandputte wat daar voorheen nooit was nie (Kleurvolle omgee vir dorp se kinders – Gazette 28 Maart 2019). Nou kan hierdie speelparkie deur 17 kinders elke dag geniet word. Ons almal …

Ons wil net baie dankie sê aan al die dames wat die speelparkie so mooi gemaak het by Gleniffer, en ook gesorg het vir tweesandputte wat daar voorheen nooit was nie (Kleurvolle omgee vir dorp se kinders – Gazette 28 Maart 2019).
Nou kan hierdie speelparkie deur 17 kinders elke dag geniet word.
Ons almal by Gleniffer het dit baie waardeer.

 

Lees ook die berig wat in Parys Gazette verskyn het:

Kleurvolle omgee vir dorp se kinders

Menige dag het hulle verby die Gleniffer Huis gery en geweet – iets moet hier gedoen word. Die klimrame was nie veilig nie, en dit het gesmeek vir verf.
Op Menseregtedag, Donderdag 21 Maart, het dié groep vriendinne die daad by die woord gevoeg en verfkwas in die hand seker gemaak dat dié klimrame en speelapparaat by Gleniffer weer so goed soos nuut is.
Daarna is wors gebraai en saam met die kinders worsbroodjies geëet. En het die kinders die saamkuier geniet!
‘n Handjievol mense wat werklik ‘n verskil gemaak het!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button