Lede van die polisie se Openbare Orde eenheid van Sasolburg, Welkom en Solesheswa is steeds in Tumahole en is berig dat ‘n wakende oog steeds gehou word. Daar is ook steeds paaie in die Tumahole-woonbuurt wat versper word en berigte pas ontvang van ‘n winkel in die Tokoloho-gedeelte waar voorraad gesteel is.
Dit volg na 31 mense gister in Tumahole in hegtenis geneem is vir Openbare geweld. Gemoedere het gister (27 Maart) al hoog geloop toe sowat 400 mense weer soos die vorige dag in die Winnie en Mbeki gedeeltes van Tumahole bymekaar gekom het. Hulle het ge-eis dat die Ngwathe munisipale bestuur met hul praat.
Die ongelukkigheid gaan oor erwe wat hulle glo voor aansoek gedoen het, maar nie gekry het nie.
Daar is vroeër die week wel met die Ngwathe bestuur gepraat maar kon daar toe nie tot ‘n vergelyk gekom word nie. Diensleweringskwessies is ook bespreek.
Woensdag 27 Maart is bande gebrand en paaie in Tumahole versper. Gisteraand is berigte ook ontvang van versperrings op die R59 (Parys/Sasolburg-pad) net buite Parys. Motoriste is toe gewaarsku om uiters versigtig te wees. Die polisie was egter gou op die toneel.



