NewsNews

Gemoedere loop hoog oor erwe

‘n Groep van nagenoeg 400 mense het weer vanoggend (27 Maart)  in die Winnie en Mbeki gedeeltes van die Tumahole woonbuurt bymekaar gekom en ge-eis om met die Ngwathe bestuur te praat. Die ongelukkigheid wat reeds gister begin het, gaan oor erwe wat hulle glo voor aansoek gedoen het, maar nie gekry het nie. Gister …

‘n Groep van nagenoeg 400 mense het weer vanoggend (27 Maart)  in die Winnie en Mbeki gedeeltes van die Tumahole woonbuurt bymekaar gekom en ge-eis om met die Ngwathe bestuur te praat. Die ongelukkigheid wat reeds gister begin het, gaan oor erwe wat hulle glo voor aansoek gedoen het, maar nie gekry het nie.

Gister het die groep wel met die Ngwathe bestuur en die Ngwathe burgemeester by die Master Nakedi Binnenshuise Sportsentrum vergader waar  lyste opgesit is van mense wat wel erwe sal ontvang.

Daar kon egter nie toe tot ‘n vergelyk gekom word nie, en het die groep vanoggend begin om paaie in die Tumahole-woonbuurt te versper en bande te brand. Die groep was geweddadig en het die polisie se Openbare Orde Eenheid wat sedert gister die situasie monitor, arrestasies gemaak wat verband hou met openbare geweld.

Met die ter perse gaan van hierdie berig was gemoedere steeds hoog en hou die polisie ‘n wakende oog.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button