Gemoedere loop hoog oor erwe
‘n Groep van nagenoeg 400 mense het weer vanoggend (27 Maart) in die Winnie en Mbeki gedeeltes van die Tumahole woonbuurt bymekaar gekom en ge-eis om met die Ngwathe bestuur te praat. Die ongelukkigheid wat reeds gister begin het, gaan oor erwe wat hulle glo voor aansoek gedoen het, maar nie gekry het nie. Gister …
‘n Groep van nagenoeg 400 mense het weer vanoggend (27 Maart) in die Winnie en Mbeki gedeeltes van die Tumahole woonbuurt bymekaar gekom en ge-eis om met die Ngwathe bestuur te praat. Die ongelukkigheid wat reeds gister begin het, gaan oor erwe wat hulle glo voor aansoek gedoen het, maar nie gekry het nie.
Gister het die groep wel met die Ngwathe bestuur en die Ngwathe burgemeester by die Master Nakedi Binnenshuise Sportsentrum vergader waar lyste opgesit is van mense wat wel erwe sal ontvang.
Daar kon egter nie toe tot ‘n vergelyk gekom word nie, en het die groep vanoggend begin om paaie in die Tumahole-woonbuurt te versper en bande te brand. Die groep was geweddadig en het die polisie se Openbare Orde Eenheid wat sedert gister die situasie monitor, arrestasies gemaak wat verband hou met openbare geweld.
Met die ter perse gaan van hierdie berig was gemoedere steeds hoog en hou die polisie ‘n wakende oog.


