NewsNews

Mmusi praat oor Eskom, armoede en werkskepping

Maimane het mense aangemoedig om te stem in die nasionale en provinsiale verkiesing op 8 Mei, en gevra dat alle rasse moet saamwerk en almal se regte beskerm moet word.

Beurtkrag en die uitwerking daarvan op die ekonomie en Suid-Afrikaners, was een van die besprekingspunte wat die afgelope naweek deur DA-leier, Mmusi Maimane, aangeraak is toe hy inwoners van Phiritona by Heilbron, by Pickled Pig in Parys en ook in Tumahole toegespreek het as deel van die party se verkiesingsveldtog.
Maimane het gesê dat die ANC verantwoordelik is vir die huidige stand van sake by Eskom.
Hy het genoem dat die Vrystaat-provinsie reeds R5 biljoen aan Eskom skuld en dat hierdie opgehoopte skuld voor die deur van die Vrystaatse en nasionale regering gelê moet word.
Hy het gesê dat die DA teen korrupsie is en dat vandat die DA in Johannesburg oorgeneem het, meer werksgeleenthede geskep is. Hy het ook die DA se visie vir onder meer HOP-behuising, sterk leierskap in die onderwys, werkskepping en onwettige immigrantebeheer gedeel. Maimane het mense aangemoedig om te stem in die nasionale en provinsiale verkiesing op 8 Mei, en gevra dat alle rasse moet saamwerk en almal se regte beskerm moet word.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button