
Vir ‘n oomblik is daar vanaand vergeet van beurtkrag-frustrasies, droë krane en stukkende paaie.
Daar was net een doel voor oë – om die plaaslike DBV te help wat dag na dag worstel met geldnood omdat dié organisasie geen befondsing kry nie, maar suiwer op die publiek se ondersteuning staatmaak vir oorlewing.
So het talle vanaand by die Parys Golf & Country Estate klubhuis reggestaan vir die Full Moon Fun Race saam met hul viervoet vriende wat saam gestap of gedraf het. Daar was groot en klein, fikses en minder fiks maar met ‘n hart vir diere, hulle met fietse en hulle in stootkarretjies, Honde het uitgelate hul stem laat hoor kort voor daar weggespring is, en toe was daar geen keer aan die pret van ‘n groot groep mense wat die 5km roete saam met die DBV gestap het om te help om dié tak se deure oop te hou.
Dankie aan elkeen wat deelgeneem, georganiseer, spontaan die hand in die sak gesteek het, skenkings beloof het, en weer gewys het hoe ‘n dorp se mense kan saamwerk.

Insp. Zama van die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV). Hy is tans by die Parys DBV nadat die NDBV vroeër vanjaar beheer oorgeneem het van die Parys DBV.





