NewsNews

Vanderbijlpark: Spanne werk hard om krag te herstel

panne werk hard om krag te herstel

ALMAL IN DIE CW AREAS in Vanderbijlpark is vroeë vanaand gevra om hul geysers vir die drie ure af te skakel.

Met Vaalweekblad se besoek vanoggend, Maandag 18 Maart, is die spanne van DotCom, JT Switchgear en Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit druk besig om te verseker dat die kragtoevoer so gou moontlik aangesit kan word.
Volgens Gert van Rooyen van DotCom, poog hulle om vandag die CW1, Cw2, CW3 en CW6 aan te skakel en te sien of alles volgens plan verloop het. Gedeeltes van die CW4 en CW5 areas gaan ongelukkig nog ‘n tydjie neem.

Ongelukkig kon alle inligting nie bekom word nie aangesien Raadslid Peter Verbeek die media uit die perseel begelei het maar Raadslid Gerda Senekal het telefonies aan die media gesê dat CW1, 2, 3,  en 6 asook NW7  area voor 12:00 reeds aangesit is.  Bophelong was reeds van Saterdag af aan maar is tydelik afgesit om die lading te verminder tot die sisteem gestabiliseer het. Dele van die CW4 area by die watertoring en CW5 areas was nog sonder krag en sal nog ‘n tydjie neem terwyl kabels geïnstalleer moet word.

Gerda het ook aan die media gesê dat van groen bokse intussen gevandaliseer is en die gemeenskap moet indien hul krag nie aan is in die bogenoemde areas, dit te rapporteer omdat die groen bokse net seker huise bedien.

Foto: Jannie du Plessis

Foto: Jannie du Plessis

Related Articles

Back to top button