NewsNews

Dertien dood na botsing op N12

Dertien dood na botsing op N12

Dertien mense is gisteraand (17 Maart) op die N12 tussen Fochville en Westonaria oorlede.

Dit volg na ‘n botsing tussen ‘n bakkie en ‘n ander voertuig.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het paramedici omstreeks 20:00 op die toneel gekom.

Vyf mense van die een voertuig en agt van die bakkie, onder andere jong kinders, is op die toneel dood verklaar.

Nege ander  is beseer, waarvan ses, in ‘n kritieke toestand hospitaal toe geneem is.

“Drie van die kritieke pasiënte is per helikopter hospitaal toe geneem. Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog onbekend maar plaaslike owerhede was op die toneel om verdere ondersoek in te stel,” het Meiring gesê.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button