NewsNews

R5 000 beloning aangebied vir gesteelde mossie

R5 000 beloning aangebied vir gesteelde mossie

 

Vaalweekblad berig:
VANDERBIJLPARK. – Dit is reeds ‘n skok as daar by jou woning ingebreek word, en in baie gevalle word besittings gesteel waaraan daar baie sentimentele waarde geheg word. Dit is egter baie erger as die inbrekers jou troeteldiere steel. Dit is die hartseer waarmee die Du Plessis-gesin nou worstel nadat hul mak mossie verlede week tydens ‘n inbraak gesteel is. Die gesin is tans met vakansie in die Kruger Nasionale Park (Wildtuin) en het hul geliefde mossie in die sorg van hul ouers in Corstraat, CW6 gelaat. Toe hul ouers Sondag kerk toe is, is daar omstreeks 10:30 by hul huis ingebreek. Verskeie besittings is gesteel, waaronder ook die mossie. Selfs sy kos is gesteel.
“Ons is baie lief vir hom en het hom met die hand grootgemaak. Ons wil hom baie graag terughê en bied ‘n beloning van R5 000 aan,” sê Christa du Plessis.
Mense moet asb. nie kanse vat en vir hulle enige mossie bring nie. Die mossie is baie spesiaal en hulle sal hom dadelik kan uitken. Indien enigeen leidrade het, kan Christa by 082 813 4382 of 076 7960 582, of Frikkie van Tonder by (016) 933 1588 gekontak word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button