NewsNews

Alweer groot kragprobleme in Parys

Naas die chaos rondom beurtkrag is hierdie al die soveelste keer dat inwoners die prys moet betaal vir kabeldiefstal.

‘n Mislukte poging om weer elektriese kabel naby die waterwerke te steel, is die rede waarom dele van Parys al vir ure sonder krag sit, en nie beurtkrag nie. Die polisie soek na die verdagtes wat om ongeveer 09:30 van die toneel gevlug het, sê Ngwathe woordvoerder, mnr. Steve Naale.

Die sentrale besigheidsgedeelte behoort gouer weer krag te hê maar Oudewerfpark kan dalk nog ‘n ruk sonder krag wees totdat die kabel gelas is.

Naas die chaos rondom beurtkrag is hierdie al die soveelste keer dat inwoners die prys moet betaal vir kabeldiefstal.

Eskom het nou (Saterdag 16 Maart om 12:00) oorbeweeg na fase 4 beurtkrag en sal Parys net soos gister weer van 18:00 tot 20:30 geraak word.

Ongeag watter fase beurtkrag môre ingestel word kan Parys hoog waarskynlik weer geraak word. Die mees waarskynlikste tye is soos dit tans lyk 08:00 tot 10:30 en dalk weer 16:00 tot 18:30 ons sal egter lesers op hoogte hou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button