Ngwathe raadslede is ingelig dat dié munisipaliteit ‘n kontrak gesluit het met CIC-CELL, ‘n filiaal van die genoteerde Blue Label, vir die instel van derdeparty-verkoopskanale vir voorafbetaalde elektrisiteit. Dit sal oënskynlik dan ook aankope deur selfoontoepassings moontlik maak. Die verkoopskanale sal sodra dit ten volle operasioneel is, die ses grootste banke, asook die winkelgroepe Shoprite, Spar, Pick n Pay en petroldiensstasies insluit. Hierbenewens gaan disfunksionele meters vervang word met nuwe ’slim’ meters wat op ‘n afstand sal verklik as daarmee gepeuter word. Wyksraadslede is gevra om die nuwe stelsel aan die publiek te verduidelik, sodat onmiddellike installasies gedoen kan word
You can read the full story on our App. Download it here.