NewsNews

Heilbronse winkeleienaar, verdagte sterf in rooftog

Hulle moet nou op aanklag van moord en besigheidsroof in die landdroshof in Heilbron verskyn, het knst. Kareli gesê.

Drie verdagtes wat verbind word met die besigheidsroof en moord van ‘n Heilbronse winkeleienaar, mnr. Muhammed Foroze (31), is deur lede van die Sasolburgse Taktiese Reaksie-eenheid en speurders van die polisie in hegtenis geneem.
Die arrestasie het gevolg nadat inligting deur die polisie ontvang is wat hulle gelei het na die Grasmere-tolhek. Die drie verdagtes, onderskeidelik 33, 39 en 59 jaar oud, is toe gearresteer en beslag is gelê op twee vuurwapens en ammunisie, vyf selfone en die Volkswagen Polo wat tydens die besigheidsroof gebruik is. Die voorval het op 3 Maart by die Tower Service Sta- tion, sowat 25km buite Heilbron op die R57, gebeur. Volgens polisiewoordvoerder, knst. Peter Kareli, het vier verdagtes na bewering met die Polo met Gautengse nommerplate by die vulstasie gestop en ‘n 2l Coke en energiedrankie gekoop. Hulle het daarna die veiligheidswag met ‘n vuurwapen gedreig. Twee van die verdagtes het die winkel binnegegaan, waarna ‘n skietery tussen die winkeleienaar en die verdagtes ontstaan het. Die winkeleienaar en een van die verdagtes is noodlottig gewond. Die ander drie verdagtes het met die Polo van die toneel gevlug.
Hulle moet nou op aanklag van moord en besigheidsroof in die landdroshof in Heilbron verskyn, het konst. Kareli gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button