NewsNews

VVA se Sakpas-winkel skuif en brei uit

VVA se Sakpas-winkel skuif en brei uit

Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) se bekende Sakpas-klerewinkel skuif na Middelstraat, oorkant Telefoonden.
Danksy die eienaar van die gebou wat VVA tegemoet kom, is dit uiteindelik moontlik om dié winkel wat in ‘n groot behoefte vir baie voorsien, te kan uitbrei.
Waar daar ernstige nood is, word behoeftiges tans hier by die Sakpaswinkel gehelp met ‘n stel klere per maand.
Vanaf Maandag, 11 Maart sal daar ook nie net tweedehandse klere beskikbaar wees nie, maar ook tweedehandse ornamente, kombuisware, speelgoed en vele meer.
Splinternuwe handgemaakte produkte sal ook teen baie lae pryse hier te koop wees.
Nog ‘n nuwe projek wat VVA gaan aanpak is die verhuring van mediese hulpmiddels aan die publiek soos looprame, rolstoele ensovoorts.
Mense wat van die diens wil gebruik maak moet net ‘n afskrif van hul ID-dokument saambring.
Alle fondse wat met die diens gegenereer word, sal weer in die gemeenskap teruggeploeg word om vir hulle wat minder het, te kan voorsien met ‘n bord kos per dag, of selfs ‘n stel klere.
Alle klere en skenkings van die gemeenskap gaan na die Sakpaswinkel, tensy dit in VVA se Veiligheidshuis gebruik kan word.
Alle skenkings kan nog steeds by die VVA kantoor in Buitenstraat afgegee word of skakel 079 324 0603 om te reël dat dit opgelaai word.
Sodoende kan daar steeds kontrole gehou word oor skenkings.
VVA se personeel en vrywilligers sê dankie aan die gemeenskap vir onbaatsugtige bydraes, skenkings en donasies wat gereeld ontvang word. Sonder hierdie hulp kan daa

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button