Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) nooi die gemeenskap van Parys uit om vandag, Dinsdag 12 Maart, bloed te skenk by die Hervormde Kerksaal vanaf 13:00 – 19:00.
SANBD daag elke Parysenaar uit om die rekord van 135 eenhede bloed in Parys te breek. Help SANBD om die bloedskenk-rekord te breek en meer as 300 lewens te red. ‘n Verrassing wag vir elke bloedskenker.
Jou bloed kan lewens red.