NewsNews

Verkeerskantoor se dienste na meer as ‘n maand steeds lamgelê

Ry sal jy moet ry.

Die Parys Provinsiale Verkeerskantore in Parys se dienste is steeds lam gelê en kan transaksies na meer as ‘n maand nie hier verwerk word nie.  Dit is ook nog nie seker wanneer die kantoor weer operasioneel sal wees nie. Dit beteken jy moet steeds Sasolburg of Vredefort toe ry vir lisensie aansoeke en hernuwings.

Dit volg nadat drie sekuriteitsbeamptes by die Provinsiale Verkeerskantore in Parys  Donderdagnag 7 Februarie in die verkeerskantore aangehou is, terwyl vier verdagtes met plofstof die kluis en veilige val-kluis in die kantore oopgeskiet, en met sowat R25 000 se kontant, verskeie vorms en twee rekenaars gevlug het.
Die voorval het net na 22:00 gebeur. Die wagte is deur die verdagtes gedwing om die kantore oop te forseer en is toe in een van die liaseerkantore met onder meer skoenveters en koord vasgebind.
Nadat die kluise oopgeskiet is, het die verdagtes van die toneel gevlug. Net na 06:00 op Vrydag 8 Februarie, het verbygangers die wagte hoor skree nadat hulle daarin kon slaag om ‘n venster oop te kry. Die polisie is in kennis gestel en ondersoek nou ‘n klag van besigheidsroof.
Die verdagtes was met Gazette se druktyd nog op vrye voet. Die publiek word gevra om indien enigeen iets sou gesien het, of inligting het wat die polisie kan help met hul ondersoek, die speur-bevelvoerder kapt. Gert Bruwer by 082 466 8094 te kontak. Die vermoede is dat die verdagtes moontlik deur die draad om die perseel toegang verkry het.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button