News

N Wonderwerk: Sy gaan huistoe

Vandag sien sy haar mense weer.

Sy gaan huistoe.

Uiteindelik, nadat sy haar mense so baie gemis het en die boodskap van die verlore Jack Russel tefie  vroeër die week ook wyd gedeel is deur die Parys Gazette.

Sy is op ‘n grondpad opgelaai op pad na die RiverRun Resort in die Vredefort Koepel.

Johann Hattingh het haar Vrydagaand 1 Maart daar agter die kroegtoonbank raakgesien, baie getraumatiseerd en gespanne. Saterdag 2 Maart het Johann begin navraag doen oor haar. Die eienaar van die oord het self ook probeer uitvind waar presies sy opgelaai is. Daar is geglo dat sy van ‘n plaas of plot in die omgewing van die RiverRun Resort afkomstig is.

Johann het haar sedertdien versorg by sy huis in Brits.

En die soektog na haar eienaars was nie tevergeefs nie. Dankie aan almal wat die boodskap help deel en help soek het.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button