
“Jock Massyn was iemand wat altyd gelag het. ‘n Sonskyn-mens wat voluit geleef het en altyd net die positiewe van die lewe wou raaksien. Iemand wat mense se lewens aangeraak het. Jy was net ‘awesome’ – ons gaan jou so mis.”
Jock is Dinsdagaand 5 Maart op 30-jarige ouderdom so skielik weggeruk uit die lewens van hulle wat hom liefgehad het en op sy tuiskoms gewag het. Hy is op die toneel oorlede na ‘n motorongeluk met ‘n vragmotor op die R59 by die N1 oorbrug. Jock was van Sasolburg op pad Parys toe, toe die ongeluk om ongeveer 20:00 gebeur het.
Jock het sy eie onderneming gehad, maar was vir baie jare op Parys gevestig.
Hy was ‘n oudleerling van Blouskool in Kroonstad.
Jock word oorleef deur Hannes en Leatitia Hattingh, Johan Massyn, broers Hannes en Marchell, sussie Anke en familie.
Sy roudiens is Dinsdag 12 Maart om 11:00 vanuit die AGS Sion-gemeente.
Dankie vir almal wat op soveel maniere die familie bygestaan het in hierdie hartseer tyd, in besonder vir sy ma Letitia, met wie hy ‘n baie hegte band gehad het.



