News

Ongeluk eis vrou en ongebore baba

Ongeluk eis vrou en ongebore baba

 VANDERBIJLPARK. – ‘n Ongeluk gisteraand (5 Maart) het die lewe geeïs van ‘n vrou en haar ongebore baba terwyl haar man ernstig beseer is op die kruising van die R42 en R57 (kruising van die dood).

Die ongeluk het na 10:00 gebeur tussen twee Volkswagen Polo’s.

Netcare 911 het die vrou op die toneel dood verklaar terwyl haar man na die Vaalpark hospitaal geneem is vir behandeling. Die ander vroue bestuurder is ook deur Netcare 911 op die toneel behandel.

Beide voertuie was op die R57 in verskillende rigtings op pad toe een van die voertuie in die rigting van Vanderbijlpark wou draai. Die wit Polo het omgetol en die robot uit die grond geruk. Die silwer Polo het in die aankomende baan van die Vaal Mall se kant tot stilstand gekom.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button