Photo GalleriesSport

Nasionale sportnuus: Kwota-sweep klap in skole-atletiek

Nasionale sportnuus: Kwota-sweep klap in skole-atletiek

Wim Pretorius van Netwerk 24 berig. –   Minstens 40% van Suid-Afrikaanse skole-atletiekspanne op alle vlakke moet voortaan uit atlete van voorheen benadeelde gebiede bestaan. Dít is die opdrag wat Suid-Afrikaanse Skole-atletiek (Sasa)onlangs aan skoleafrigters in ’n omsendbrief gegee is. Distrik-, provinsiale en nasionale skolespanne sal nou gedwing word om minstens uit 40% atlete te bestaan wat nie volgens meriete gekies word nie, maar uit voorheen benadeelde gebiede kom en dít vir elke item. “

’n Minimum van 40%-verteenwoordiging uit voorheen benadeelde gemeenskappe vir alle Sasa-spanne op alle vlakke van kompetisie, met  klem wat spesifiek op meisies-atlete geplaas moet word,” lui die omsendbrief wat uitgestuur is. Volgens dié vereistes mag net ’n maksimum van drie atlete in hoërskool-spanne op meriete gekies word, met minstens een atleet wat uit ’n voorheen benadeelde gemeenskap moet kom. Kwalifiserende standaarde sal ook nie op dié atleet van toepassing wees nie.

n Maksimum van ses atlete per item per provinsie (insluitend ’n voorheen benadeelde atleet) mag deur provinsies ingeskryf word en in gevalle waar daar minder as ses atlete is, moet minstens een steeds aan dié kwota-vereiste voldoen. Vir laerskole mag net ’n maksimum van twee atlete per item op meriete gekies word nadat hulle gekwalifiseer het, met een wat ’n kwota-atleet moet wees en die kwalifiserende vereistes wat ook nie op die atleet van toepassing is nie.

Peppi Olevano, sekretaris-generaal van Sasa, het Donderdag by navraag aan Netwerk24 gesê dat dit nodig was om drastiese stappe te neem. “So lank as wat ek kan onthou, was die vereiste al 40%, maar dis nie toegepas nie,” het Olevano gesê.

“Daar is so baie items in atletiek, maar steeds sien jy nie so baie atlete uit voorheen benadeelde gebiede deelneem nie. “Ons wil swart atlete nie net in die middel en langafstande sien nie, maar ook in nommers soos die gewigstoot en selfs paalspring.” Olevano glo ook dat daar nie in onlangse jare genoeg swart atlete by nasionale kampioenskappe in aksie was nie en dat hulle ook die departement van sport genader het om opleidingskursusse vir atlete te hou in ’n groter verskeidenheid van items, met veral paalspring wat ’n fokus is – dít ondanks die feit dat meeste van die skole in die noorde nie paalspring of selfs hamergooi enigsins beoefen nie. In 2018 is 34 van die 108 goue medaljes wat tydens nasionale hoërskole-byeenkoms toegeken is, boonop deur atlete vanuit voorheen benadeelde gemeenskappe verower. Hy meen dat die drastiese stappe moontlik ook vuur onder die regering sal maak om meer betrokke te raak met die verskaffing van geriewe.

“Ons het nou gegaan en basies vir die regering gesê ‘hier is wat julle soek, nou wil ons sien wat julle daaromtrent gaan doen’,” sê Olevano. Die nuwe vereistes het ook kritiek uitgelok.

“Die ouens is baie ontsteld daaroor,” het Nico van Heerden, ’n gewilde atletiekafrigter in Pretoria, gesê. “Dit motiveer ’n mens natuurlik om harder te werk en jy moet positief bly, want dis al wat jy kan doen,” vertel Van Heerden.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button