NewsNewsSportSport

Gesogte pryse vir dié ballerinas

Gesogte pryse vir dié ballerinas

 

Studente van X-Stream Dance Academy onder leiding van Jackie Campher, het uitstekende uitslae behaal in die 2018 eksamen.
Vier en twintig balletleerlinge is ingeskryf met ’n spogtotaal van 13 onderskeidings wat deur die studio-studente behaal is, asook 11 silwerdiplomas.
Die studio se 16 moderne dansstudente het in totaal 7 onderskeidings (90%+), 4 Honours (80%+) en 5 Highly Commended (70%+) behaal.
Janine van der Merwe het boonop die gesogte Internasionaal erkende Mabel Ryan-medalje vir die mees belowendste Graad 5 balletstudent in die Cecchetti Noordwes & Vaaldriehoek-streek gewen.
Mizelle Terre’Blanché het die trofee vir die Mees Belowende Intermediate Foundation student in die Cecchetti Noordwes & Vaaldriehoek-streek gewen en Lili Meyer was die naaswenner van die Intermediate Foundation trofee in die streek.

Related Articles

Back to top button