Met nog net R15 000 wat ingesamel is vir die Parys Arts Festival, word die kommer al groter of Parys daarin gaan slaag om weer vanjaar ’n kunstefees aan sy inwoners en besoekers te kan bied.
Die feesdatum moes reeds uitgestel word na Augustus/September in die hoop dat minstens nog R35 000 ingesamel kan word vir kunstenaarbesprekings en bemarking van die fees. Maar as die geld nie betyds ingesamel kan word nie, sal die dorp nie vanjaar sy kunstefees hou nie.
Volgens Deon Terblanche wie se breinkind dié baie suksesvolle fees in 2018 was, is dit onmoontlik om ‘n fees sonder borgskappe te reël. Die groot geheim van die sukses van 2018 was juis die verskeidenheid aktiwiteite wat aangebied is, en die gemeenskap wat op verskeie maniere by die fees betrek was. Gaan kyk gerus op https://www.thundafund.com/project/parysartsfestival hoe jy kan help en betrokke raak.




