VANDERBIJLPARK. – Ooggetuies word gesoek na die ongeluk waartydens ‘n bejaarde man Dinsdagoggend (19 Februarie) omstreeks 08:45 in Pres. Krugerstraat in die middedorp van Vanderbijlpark, deur ‘n taxi raakgery is.
Marthinus Johannes (Tienie) Fivaz (71) is op die toneel deur ER24, Netcare 911 en die Provinsiale Ambulansdiens se paramediese personeel behandel en na die hospitaal geneem.
Oom Tienie is steeds in die ICU van die Sebokeng-hospitaal en sy dogter Annette van Tonder vra getuies om na vore te kom wat die ongeluk gesien gebeur het.
Volgens inligting was getuies die passasiers in die taxi, ‘n vrou wat op die toneel was en werknemers van omliggende winkels.
Kontak Annette op 084 874 0004.





