NewsNews

Ooggetuies gesoek van oom Tienie se ongeluk

Ooggetuies gesoek van oom Tienie se ongeluk

VANDERBIJLPARK. – Ooggetuies word gesoek na die ongeluk waartydens  ‘n bejaarde man Dinsdagoggend (19 Februarie) omstreeks 08:45 in Pres. Krugerstraat in die middedorp van Vanderbijlpark, deur ‘n taxi raakgery is.
Marthinus Johannes (Tienie) Fivaz (71) is op die toneel deur ER24, Netcare 911 en die Provinsiale Ambulansdiens se paramediese personeel behandel en na die hospitaal geneem.
Oom Tienie is steeds in die ICU van die Sebokeng-hospitaal en sy dogter Annette van Tonder vra getuies om na vore te kom wat die ongeluk gesien gebeur het.
Volgens inligting was getuies die passasiers in die taxi, ‘n vrou wat op die toneel was en werknemers van omliggende winkels.
Kontak Annette op 084 874 0004.

FOTO: Jannie du Plessis

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button