NewsNews

Vervalle verkeerstekens uiteindelik vervang

Vervalle verkeerstekens uiteindelik vervang

AfriForum se Parys-tak het op 22 Februarie self ingespring om weer duidelik sigbare verkeerstekens by kruisings in die dorp op te rig. Dit nadat daar al lank groot kommer is oor die dowwe of selfs afwesige verkeerstekens by talle kruisings in die dorp.
Verskeie verkeerstekens in die dorp is só verweer dat daar kwalik meer letters op die tekens sigbaar is.


Die drie verkeerstekens wat vervang is, is by die kruisings van Breë- en Oranjestraat, en Breë- en Grensstraat.
“Die Parys-tak sal later vanjaar nóg verkeerstekens vervang omdat dit gesien word as ’n belangrike bydrae tot padveiligheid.”
Maar dit is nie net hier waar taklede ‘n verskil vir Parysenaars wil maak nie. Hulle beoog om ook ander uitdagings in die dorp aan te pak, wat slaggate en die voortdurende tekort aan drinkwater insluit. Daarom moedig hulle inwoners en ondernemings wat graag by die projekte betrokke wil raak, aan om die takbestuur te kontak,” sê Stephen Nel, distrikskoördineerder vir Mooirivier.
As jy by die Parys-tak betrokke wil raak, SMS “Parys” na 45266 (die koste per SMS is R1).

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button