NewsNews

Só loop speelpark deur onder diewe en vandale

Só loop speelpark deur onder diewe en vandale

Dit is hier waar al wat kind is in die middae en naweke nog die lekker van kindwees en speel kan geniet. Of jy naweke of in die middae daar kom – die Saligna-parkie is skoon en netjies.
Die rede – privaat bydraes van inwoners van die omgewing, en die harde werk van Dolf Lategan om die parkie en speelapparaat in stand te hou.
Maar die mooi en netjiese parkie loop knaend deur onder diefstal en vandalisme. Die vraag is wat meer moet gedoen word om diewe weg te hou?
Die afgelope maand alleen is drie redelik groot broodbome op die hoeke van die parkie uitgehaal. So ook vier struike (ongeveer vyf jaar oud). Selfs die grasangeliere word weggedra.
Alles deel van die parkie se tuin wat teen groot koste en met baie ure se harde werk in stand gehou word. Die toue waarmee kinders op en af van die apparate kan klim word gesteel, en so ook die kettings van die hangswaaie. Waterkrane word gesteel met geweldige watervermorsing as gevolg daarvan.
Selfs die donasiekassie is met geweld oopgebreek, en moet daar skoongemaak word agter nagbesoekers wat onwelvoeglike spore agterlaat.
Omdat straatligte in die omgewing nie werk nie, bly die strate om die parkie (Olienhoutlaan die end van Grensstraat en Cilliersstraat) stikdonker wat diefstal en vernielsug aanhelp. Dit is al male sonder tal gerapporteer, sonder resultate. En intussen word daar gesteel en verniel sonder ophou by die parkie.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button