NewsNews

“Hy het mense lief gehad en was aan God toegewy”

“Hy het mense lief gehad en was aan God toegewy”

“Hy het mense lief gehad en was aan God toegewy,”

So het die NWU die voormalige rektor van die Potchefstroom Universiteit vir Christelike hoër onderwys (PU vir CHO), Prof. Tjaart van der Walt wat Vrydagaand op die ouderdom van 85 oorlede is, beskryf.

“Ons harte gaan uit na sy vrou Babie, asook sy kinders en ander familielede in hierdie tyd van rou. Tjaart het visie op sy tyd gewys en daardie visie word vandag nog nagestreef in ons strategie om die NWU as ‘n eenheidsinstelling van voortreflike akademiese uitnemendheid met ‘n verbintenis te transformeer. Sy visie sal altyd waardeer word, “het Prof. Dan Kgwadi, Visekanselier van die NWU oor van der Walt se dood gesê.

Volgens Louis Jacobs, direkteur van korporatiewe kommunikasie, was van der Walt ‘n buitengewone leier en ‘n ambassadeur.

Tydens sy termyn as rektor van die voormalige PU vir CHO, beskou prof van der Walt die studentelewe as ‘n prioriteit. Hy het die strukture van studentedienste, studentelewe en universiteitsport versterk.

Prof. Van der Walt is in 2017 deur die Universiteit met ʼn spesiale toekenning vereer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button