NewsNews

Dis ys, dis koud…dis 85 jaar vir Parys Vories

Dis ys, dis koud...dis 85 jaar vir Parys Vories

Op ‘n Saterdagmiddag luilekker ontspan in die buitelug met piekniekkomberse en braaivleisvure. Dit om 85 jaar te vier saam met die Voortrekkers van Parys Voortrekkerkommando.

Naas prettige boeresport met van driebeenresies tot sakspring, en lekker kuier,was daar ook kleurvolle kolwyntjies om dié spesiale kommando-verjaardag te vier.

Mardi Loggenberg en Brendon Maloney het boonop genoeg moed en durf aan die dag gelê  vir die ysbak-uitdaging. Bietjie koud en baie nat, maar dit alles vir ‘n goeie doel om ook Vorie-maats te help waar hulp nodig is met lede – en kampgeld in baie uitdagende ekonomiese tye.

Dankie ook aan die Vorie-maats wat die naweek Parys gaan verteenwoordig het by die aksie-krieket geleentheid in Bloemfontein.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button