NewsNews

Drie kinders verdrink in die Vaaldam

3 Kinders verdrink in die Vaaldam

DENEYSVILLE. – Drie jong seuns tussen die ouderdomme van 7 en 10 jaar het vanmiddag, Saterdag 23 Februarie, ongeveer 12:30 by die Vaaldam  verdrink.

Die omstandighede rondom die verdrinking is nog onbekend maar hulle het blykbaar gaan swem toe hulle in die moeilikheid raak. Drie polisieduikers en vier lede van die Nasionale See Reddings Instituut (NSRI) asook die plaaslike polisie was op die toneel. Die polisieduikers het al drie liggame uit die water gehaal.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button