Sterkte aan al die Parysenaars wat die naweek saamtrap vir die 16de Bybeltrap ten bate van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika.
‘n Groep van sowat 50 fietsryers het na ‘n heerlike ontbyt vanoggend, 22 Februarie, by die AGS Sion-gemeente weggespring. Naas die fietsryers van Parys, is daar fietsryers van sover as Fochville, Carletonville, Vanderbijlpark, Pretoria, Welkom en Kroonstad, om maar enkele te noem, wat langs die pad by die groep aansluit.
Die Bybeltrap eindig Saterdagmiddag by die Bybelhuis in Bloemfontein, na by die 400km te fiets.
Mense kon die fietsryers borg vir die Bybeltrap, en help die geld wat so ingesamel word om Bybels steeds bekostigbaar in die handel beskikbaar te kan stel.
You can read the full story on our App. Download it here.