NewsNews

71 Jarige man kritiek na taxi in hoofstraat oor hom ry

71- Jarige man kritiek na taxi in hoofstraat oor hom ry

VANDERBIJLPARK. – ‘n Bejaarde man is Dinsdagoggend 19 Februarie in Pres. Krugerstraat op die kruising van Eric Louw straat deur ‘n taxi raakgery.

Marthinus Johannes (Tienie) Fivaz (71), is op die toneel deur ER24, Netcare 911 en die provinsiale ambulansdiens se paramediese personeel behandel wat vir ‘n geruime tyd probeer het  om hom te stabiliseer voordat hy na die Sebokeng hospitaal geneem is.

‘n Ooggetuie en passasier in die taxi het aan Vaalweekblad vertel dat hulle die bestuurder gewaarsku het aangesien hy ‘n hele aantal verskeerstekens die oggend verontagsaam het voor die ongeluk plaasgevind het. Volgens diè ooggetuie het die bestuurder die rooi robot in Pres. Krugerstraat  verontagsaam en het toe oom Tienie wat die straat wou kruis, raakgery.

Oom Tienie het geen identiteitsbewys by hom gehad nie en is danksy  die oplettenheid van Dewald van Rooyen,  geïdentifiseer. Oom Tienie is nog in ‘n kritieke toestand in die Sebokeng-hospitaal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button