NewsNews

Nie net Eskom nie, maar ook diefstal lê dienslewering lam

Nie net Eskom nie, maar ook diefstal lê dienslewering lam

Jy sal steeds gebruik moet maak van die provinsiale verkeerkantore in Vredefort of Sasolburg vir transaksies insluitend jou jaarlikse voertuig lisensie hernuwings, bestuurslisensie hernuwings en leerling- en rybewys aansoeke. Skegs bestuurslisensies van aansoeke wat reeds afgehandel was, kan hier afgehaal word. Dit is onduidelik wanneer die kantoor weer aanlyn sal wees en transaksies sal kan verwerk.

Die Parys Provinsiale verkeerskantore se dienste is sedert Vrydag 8 Februarie lam gelê na ‘n inbraak waartydens van die sekuriteitsbeamptes op die perseel in die vroeë oggendure oorval en toe in die gebou aangehou is, terwyl die vier verdagtes met plofstof die kluis en veilige val-kluis oopgeskiet het. Die inbrekers is weg met sowat R25 000 se kontant, verskeie vorms en twee rekenaars.

Die wagte was vasgebind met koord en skoenveters. Mense het hul hulpgeroep die oggend net na 06:00 gehoor en hulp ontbied. Hoewel niemand beseer is nie, beteken die diefstal geweldige ongerief  vir Parysenaars, en plaas dit ekstra druk op ander provinsiale verkeerskantore waar dit veral verlede week sukkel-sukkel gegaan het met die knaende beurtkrag-frustrasie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button