NewsNews

Hengelaar verdrink in Vaalrivier

Hengelaar verdrink in Vaalrivier

’n Man het Vrydagmiddag 15 Februarie  in die Vaalrivier op private grond langs die Kopjeskraal-pad verdrink.
Die man was besig om saam met ander te hengel toe hy vermoedelik gegly en in die rivier geval het.
Volgens ’n ooggetuie het dit gelyk asof die man se hoek vashaak. Die volgende oomblik is ’n harde plasgeluid gehoor. Die man het volgens die ooggetuie nog met die ander hengelaars gepraat, maar kort daarna onder die water verdwyn. Hulle het vergeefs na hom in die water gesoek.
Polisieduikers van Potchefstroom het dieselfde dag teen amper skemer sy liggaam uit die rivier gehaal, naby aan waar hy ingeval het.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button